Pages Navigation Menu

Tennis

Tennis by Port Natal is een van die vele sportsoorte waarin ons kinders kan deelneem.

Graag gee ons aan u al die nodige inligting deur  i.v.m. tennis in die laerskool.tennis ls

Oefentye

Leerlinge oefen Dinsdae en Donderdae tydens sportperiodes vanaf 13:20 tot 14:20. Eerstespanspelers wat tydens dié tye betrokke is by ander sportsoorte moet by Martin Walstra afrigting ontvang.

Tennisliga

Liga word in die tweede kwartaal van die jaar gespeel. Die bepalings vir die tenniswedstryde is as volg:

20 April 2015  – Penzance

11 Mei  2015  – Eden College

18 Mei  2015  –  Manor Gardens

25 Mei  2015  – Glenmore

Leerlinge speel dubbels. Daar is 3 pare wat teen al drie die opponente se pare speel. Wedstryde se tye is vanaf  14:30 tot ± 16:00.

Leerlinge sal ‘n wedstrydbrief ontvang wat ouers moet teken.

 Kleredrag

Port Natal sportklere word  tydens oefening gedra.  Die eerstespanspelers dra die eerstespanhemp met wedstryde.

 Afrigting

Martin Walstra bied afrigting by die skool aan teen ‘n baie billike fooi van R100 per maand.  Vir verdere inligting skakel Martin by 0793209965.

 Vervoer

Spelers moet self vir vervoer na en van die bane sorg of ouers moet onderling met mekaar reël om hulle kind te vervoer.  Die wedstryde is almal in die nabye omgewing.

Sportdissipline

Dit is elke speler se verantwoordelikheid om  hulle goed te gedra tydens wedstryde.

Spelers wat nie by die reëls hou nie en swak gedrag toon tydens ’n wedstryd sal nie die skool kan verteenwoordig nie.

 

 Brandon enJurgens Marcus  Bianca  Drikus Jacques en Jaco Gavin