Pages Navigation Menu

Netbal

Laerskool Netbal

Dit was ‘n voorreg om vir hierdie energieke en lewenslustige groepie meisies netbal te leer.

Die onder 10 meisies het baie vinnig agtergekom mini-netbal is verby en dat die groot nebalbane en langer pale hulle nie onder gaan kry nie en het dit baie vinnig baasgeraak.  Die seisoen is met ‘n baie vinnige afgooi begin en ons het vir niks terug gestaan nie.  Ons het 7 wedstryde gespeel waarvan ons 6 gewen en 1 verloor het.  Ons hoogte punt was om op Voriedag teen Gerrit Maritz 10-3 te wen.

Die onder 11’s het baie gou agtergekom dat die onder 10’s met hul energie, gaan hulle nie vir ons terug staan nie.  Ons het vinnig geleer om in ons patone te speel en die opponente kaf te draf.  Met gemengde uitslae het ons nooit moed verloor nie en tot die einde die doele gesink.

Juf. M. Smal

 

Netbal 0/13 – Baby Sprites

Wat ‘n seisoen!  Ek het lanklaas met so ‘n klomp positiewe meisies gewerk.  Daar was baie trane, baie lag, baie, baie pret!

Hierdie jong talentvolle meisies was altyd positief.  Hulle was by elke oefening en nooit, maar nooit is daar gekla nie.

Dit het soms bloedsweet en trane gekos, maar ons het altyd die wa deur die drif getrek.  Uit 12 wedstryde gespeel is het ons nie een verloor nie.  Ons het wel tydens ‘n toernooi by Northlands twee wedstryde verloor.

Ek wil aan die nege pratige baby sprites sê baie baie dankie vir julle spangees en vir ‘n wonderlike seisoen.  Julle is my girls en die toekoms van Port Natal skool.