Pages Navigation Menu

Boogskiet

devanique 1 (3)ONDERHOUD MET ONS TOP BOOGSKUTTER                                                                                           

NAAM: Devanique Rossouw 

OUDERDOM : 15 

SKOOL : Port Natal 

STYL: Compound Kadet Vrouens & Compound Junior Vrouens 

KLUB: Kings Park Archery Club 

INTERNATIONALE TITLES:

Gold Squad

Wereld Boogskiet Buitemuurste Jeug Kampionskappe, Wuxi, China;  Wêreld Boogskiet Binnemuurse Kampionskappe, Nimes, Frankryk

Wat was die dryf wat jou in Boogskiet laat begin het ?

My Pa was my inspirasie en die rede hoekom die boogskiet “gogga” my gebyt het. Ek het begin deur met ‘n boog te jag en al ‘n paar rooibokke en vlakvarke op my kerfstok. Daar het ‘n punt gekom waar ek ‘n groter uitdaging gesoek het met bietjie meer adrenalien en dit is hoe ek betrokke geraak het met Binne- en Buitemuurse Boogskiet. 

Wie was en is huidiglik jou afrigter?

Mnr Herman Roux was my afrigter toe ons in Pretoria

Mnr Alan Weyers is my huidige afrigter vandat ons in Durban is  

Wat is jou top prestasie?

Om Protea Kleure te ontvang en Suid-Afrika te verteenwoordig by die Wereld Boogskiet Buitemuurste Jeug Kampionskappe, Wuxi, China waar ek 9de in die Kadet Kategorie geeindig het en meer onlangs by die Wereld Boogskiet Binnemuurse Kampionskappe, Nimes, Frankryk waar ek 17de in die Junior Kategorie geeindig het.  

Wat is die toerusting wat jy gebruik?

Boog –  Compound Hoyt Alpha Elite

Pyle – Carbon Express Medallion Pro

Stabilizer – Grays (Proudly South African)

Pyl Rus – Trophy Taker

Vrylating Hulp – Scott

Mik Sig – Axcel

Snaar – Zero String (Proudly South African) 

Hoe gereeld oefen jy?

Ek oefen omtrent 3 maal per week by die huis en gewoonlik op ‘n Saterdag as daar nie kompetisie is nie by die Boogskietbaan.

Doen jy enige geestelike opleiding?

Ja, ek fokus meestal om in geraas, reen en hitte te kan skiet. Ek doen ook vertikale en horisontale stabiliserings oefeninge. 

Is daar enige ander fisieke oefeninge wat jy doen?

Ja, 3 maal per week doen ek kardio oefening in die gymnasium en 2 dae ‘n week doen ek Pilatus klasse om my bio-kern te versterk.  

Wat is jou mikpunt in die nabye toekoms?

Om my  persoonlike prestasie te verbeter, en uit te blink op ‘n internasionale vlak.