Pages Navigation Menu

Sagtebal

Sagtebal is ‘n sport in Port Natal wat die afgelope drie jaar ongelooflike groei getoon het. Van net een O/19-span wat vinnig in die A-liga begin speel het tot hierdie jaar, met ‘n meisies O/13-, O/16- en seunspan by!!

Die O/13-spannetjie – al het hulle in die B-liga begin speel – wen aan die einde van die seisoen die algehele O/13-liga!!! En dit teen spanne wat al vir jare sagtebal speel!

Die O/16’s was ook ‘n nuwe toevoeging tot die sagtebalfamilie hierdie jaar en    eindig tweede in die B-liga poel en derde algeheel.

Die O/19’s, wat partykeer van die ander ouderdomsgroepe moes leen, eindig vyfde in die O/19 A-liga.

Die seuns het egter baie vinnig hulle voete in hierdie ‘vreemde’ sport gevind. Al het hulle eerder na ‘n rugbyspan wat per ongeluk by ‘n sagtebalwedstryd opgedaag het gelyk, het hulle ‘n paar sterk spanne, onder andere Glenwood, op hulle neuse laat kyk. Die seuns sagtebalspan eindig vierde in die Seuns O/19 B-liga.

sagtebal