Pages Navigation Menu

Rugby

 Porties/Vorie dag

geesvang 1 geesvang 3 geesvang 2
brag brag1   brag2

Dit mag dalk vreemd lyk om Port Natal Skoolleerders geklee te sien in buitensporige en snaakse kostuums, maar hierdie leerders pas perfek in by die res van die kinders, wat snaaks aangetrek het vir die “GEESVANGDAG” van die jaarlikse Porties / Vorie dag. Op Saterdag, 10 Mei , het een van die grootste sportgebeurtenisse op Port Natal Skool se kalender plaasgevind by Voortrekker Skool in Pietermaritzburg.  Om die Porties / Vorie dag ‘n sportdag te noem, doen nie heeltemal gestand aan hierdie besonderse dag nie.  Want die Porties/Vorie dag is ‘n sport-fees en ‘n viering van baie dinge. Dit gaan oor die mentaliteit van die hele dag:  dit is ‘n wrede dag;  dit is ‘n rowwe dag; dit is ‘n pret dag;  dit is ‘n briljante dag.  Al die mense wil net ‘n goeie tyd hê.

Vir die hele week wat hierdie gebeurtenis voorafgaan, word verskeie voorbereidings en ​​gebeure gereël.  Op die aand van die 8ste Mei, het Port Natal Skool het ‘n paar leerders na Voortrekker Skool in Pietermaritzburg afgevaardig om “oorlog” te verklaar.  Die hele skool is versier met toiletpapier, tamatiesous en verskeie “bang maak” posters.  Port Natal Skool het ook die hoofdogter van die koshuis “ontvoer” en haar saam teruggebring sodat sy kan gaan getuig van hoe dinge hier by dié skool gedoen word!  Vrydagoggend tydens die saalbyeenkoms is die “Big Brag ” gehou waartydens al die sport spanne wat deelgeneem het by Voortrekker Skool aan die res van die skool op ‘n baie spesiale manier bekend gestel is.

Op Saterdag, 10 Mei, het baie ouers, kinders en ondersteuners na Pietermaritsburg gery vir die “gevreesde” Portie/Vorie dag.   Port Natal Skool het uitstekend presteer.  Die Baby Nights (O/13 eerste span) het 43-0 gewen. Die Netbal se eerste span wen 32-24.  Die eerste hokkiespan eindig gelykop 0-0 met geen doele aangeteken.  Port Natal Skool se White Knights (die eerste rugbyspan) wen 20-15 in ‘n uiters taai wedstryd. Hierdie is die 6de agtereenvolgende jaar dat Porties wen.

Maar op die ou einde maak dit nie saak wie gewen of verloor het nie, want hierdie tradisie, wat dekades gelede ingestel is, gaan nog vir die volgende paar dekades tussen hierdie twee topskole voortleef. Na alles, bly dit ‘n viering van kameraadskap, sportmangees en tradisie.

 

 trash 1  trash 2  trash 3
 vorie sport 1  vorie sport  vorie sport 2

TOERSPAN 2014

Port toerspan rugbyNatal Skool se eerste Rugby-Toerspan het Saterdag, 12 April, aan die 5 km Parkrun by die SunCoast Casino deelgeneem.  Dit was ‘n lekker spanbou-sessie asook bewusmaking van fiksheid en algehele gesondheid.  Die toergroep vertrek volgende Woensdag op hul toer na Gauteng.

 

 

 

 

 

 

Port Natal maak Geskiedenis!!

DHS Saterdag 15 Maart 2014 sal onthou word as die dag toe Port Natal Skool opgestaan het. Die 1ste rugbyspan wen teen DHS 12 – 10 vir die eerste keer sedert 1996. Dit is ‘n ongelooflike prestasie as mens in ag neem die getal seuns van DHS teenoor die getal seuns by Porties. Port Natal Skool is beslis die leidende Afrikaanse Skool in Kwazulu Natal!

 

 

 

 

 

 aandreeks 1  aandreeks 2  

 

rugby aandreeks 1 aandreeks 2 aandreeks 3