Pages Navigation Menu

Netbal

White spritesWhite Sprites maak skoonskip!

  • Port Natal se 1ste Netbal Span, White Sprites het Saterdag, 12 Maart, weereens bewys ons het regte dinamiet meisies, deur al vier hul wedstryde in die Kingsway netbaltoernooi te wen.  Hulle dring deur na die finale rondte en speel vir eerste plek teen Danville.  Met eindfluitjie was die telling 11/11 gelykop.  Daar volg 3 minute aan ‘n kant speeltyd waar Porties toe 15/13 wen.  Die eerste Netbalspan wen dus die Toernooi by Kingsway High School.
    Tellings soos volg;
    Wen, Crawford North Coast – 27/2
    Wen, Our Lady of Fatima – 21/7…
    Wen, Kingsway High – 15/11
    Wen, Durban Girl’s High – 13/10
    Met die prysuitdeling is Sue-Ann Botha as Port Natal se speler van die dag aangewys.  Sue-Ann is ook gekies as deel van die “All Star” span.  Die “All Star” span verteenwoordig die spelers wat die meeste uitgestaan het gedurende die dag.
    Baie baie geluk White Sprites ons is “super” trots op julle!

 

White Sprites deur na die finale in die Gelofte Aandreeks.

Port Natal Skool se White Sprites het Vrydagaand teen Kuswag gespeel in ‘n naelbyt wedstryd.  Die telling was die hele tyd gelyk op, maar ons verloor op die einde 32-31. Ons is egter baie positief oor die finale wedstryd teen Kuswag, eerskomende Vrydag.  Baie geluk dat julle deurgedring het na die Goud-Finaal in die Gelofte Aandreeks.  Ons kyk uit vir julle Porties!!!