Pages Navigation Menu

Krieket

Port Natal se eerste krieketspan het ‘n goeie seisoen gehad.  Ons het ‘n paar van ons wedstryde gewen en ander met klein bedrae verloor.  Die gees van die span was baie goed en van talentvolle spelers het ons nie ‘n tekort gehad nie.  Ons kon nie al ons wedstryde speel nie weens nat weer en wedstryde wat uitreën terwyl spel aan die gang is.  Dit het ons nie onder gekry nie.  Deur al die ander sportkodes wat in die eerste kwartaal was, het ons spelers dit hulle taak gemaak om die oefeninge by te woon.  Ons het toe die seisoen afgeëindig met 3 wenne, 2 verloor en 2 wedstryde wat uitgereën het met 1 as onvoltooid.  Die krieketseisoen was seker een van my lekkerste om te speel weens die span en afrigter wat dit vir ons almal lekker gemaak het.