Pages Navigation Menu

Hokkie

_DSC2085 _DSC2089
DSC_7022 (3) DSC_7015 (3)

Op die foto’s is Port Natal se Eerste Hokkie span vir 2014 (die Strikers) wat in die Gelofte Aandreeks teen Amanzimtoti gespeel het.   Port Natal Skool het in die eindstryd van die Gelofte Aandreeks teen Kuswag gespeel.  So trots op ons Strikers!!  Porties bo!!

Hokkie te Pietermaritzburg

Ons dogters het Saterdag 25 Maart deelgeneem in Pietermaritzburg.
Die hokkie het 2de in hul poel gekom na baie wedstryde.  Mooi so dogters!
_DSC2350 _DSC2410 _DSC2423
_DSC2357 _DSC2375 _DSC2431
_DSC2441 _DSC2443

Hokkietoer na Volksrust

Die hokkie het saam met die White Knights na Volksrust vertrek Saterdagogend 23 Maart. Met ons veilige aankoms by

Hoërskool Volksrust, is ons dadelik na ons koshuiskamers in Tienerhof geneem. Die meisies het hulself tuisgemaak soos mens net jouself in ‘n koshuiskamer kan tuismaak!

Vir aandete het ons almal gebraai, spangebou en die juniors van beide die hokkie en rugby het vir ons ‘n konsert gehou! Die juniors het die gehoor in die palm van hulle hand gehad met hulle ‘opvoering’!  Die Sondagoggend het ons die Wimpy betrek en hulle diens baie goed getoets met die gròòt bestelling wat hulle van die klomp seuns en meisies ontvang het…. Met middagete was dit die Steers se beurt en dit het omtrent organisasie gekos om te sorg dat almal iets kry om te eet!  Sondagaand was dit die amptelike opening van die Amajuba Sportweek waar die Porties baie duidelik hulle stem dik gemaak het met die skoolkreet.

Maandagoggend het vroeg met ontbyt begin en daarna is die hokkiemeisies eers aan   die verskillende afrigters, onder leiding van Kim Hubach, bekendgestel en het toe aan ‘n dinamiese opwarmingsessie saam met al die ander hokkiemeisies meegedoen. Goed opgewarm het die hokkiemeisies met die afrigtingsessies begin.

Sommer al met die eerste sessie het die meisies al ‘n paar nuwe vaardighede aangeleer! Asook met al die ander sessies die Dinsdag en Woensdagoggend. Die hoogtepunt seker was die spanbousessie Dinsdag waarby water, meel, Smarties en ‘n rondgehardlopery betrokke was.

Na afloop van die finaal word daar vier toekennings uitgedeel.

Port Natal wen drie van die toekennings nl:

1. Agterspeler van die toernooi: Hennie J.v Rensburg.

2. Span met die beste gedrag tydens die week.

3. Beste span van die week.

Weereens baie geluk aan die seuns met die uitstekende prestasie.

Die Portie leerders was voorwaar ambassadeurs van Port Natal Skool.