Pages Navigation Menu

Binnemuurse Hokkie

Die binnemuurse hokkie het op ‘n hoogtepunt afgesluit met die oorwinning van die O/16’s oor Durban Akademie. Dit het beteken dat die spannetjie onoorwonne vir hierdie seisoen is, met geen wedstryde verloor nie!

Die O/18 A-span het ook hulle liga gewen, met vier oorwinnings en twee gelykop uitslae.

Alhoewel die O/14-spannetjie stadig begin het, het hulle na die einde van die seisoen al hoe beter geraak en self ‘n paar wedstryde gewen. Die O/18’s het ook hulle seisoen met gemengde welsae geëindig.

Port Natal se binnemuurse hokkiespanne het hulle voorwaar goed van hulle taak gekwyt en ons skool se naam hoog gehou!

Die meisies wat so ver deur is na die volgende ronde proewe is Leandri Roux (O/16), Marize Maas en Bronwyne Logtenberg (O/18).

hokkie binne