Pages Navigation Menu

Atletiek

Karl Terblanche (3)Port Natal se atlete was met groot opgewondenheid gevul toe hulle hoor dat ons hierdie jaar weer aan die Afrikaanse Skole Atletiek mag deelneem!   Ter voorbereiding, het die atletiekseisoen afgeskop met die Interlaer, waar atlete sake uitgespook het vir ‘n plek in Port Natal se atletiekspan.  Die eerste atletiekbyeenkoms waaraan Port Natal deelneem, is die Engelse Ateliekbyeenkoms wat by Kingsway gehou is. Daar het ons min atlete hulle baie goed van hulle taak gekwyt en vir ‘n hele paar goue oomblikke gesorg, soos die O/19-seuns se 4 x 100 aflositem. Die finale uitslag was die seuns het tweede gekom, met 3 punte, na Westville en die meisies derde. Dit het aan Port Natal die algehele tweede plek besorg!

Gelofte het ons ook hierdie jaar genooi om aan die aandbyeenkoms, wat deur hulle aangebied word, deel te neem. Hier het van Port Natal se atlete met meeste van die pryse wegge(hard)loop!

By die Afrikaanse Skole Atletiekbyeenkoms was daar nou wel nie ‘n formele uitslag nie, maar Port Natal het met die Junior Victrix Lodorum, Senior Victrix Lodorum en die Senior Victor Lodorum weggestap! As daar ‘n Geesbeker was sou dit ook definitief aan Port Natal behoort het. Ons het ‘n baie duidelike merk gemaak daardie dag met ons positiewe deelname, goeie gedrag en Port Natal gees!

Die Natal Skole Atletiek-kampioenskappe het op 8 en 9 Maart te Kingspark atletiekstadion plaasgevind.atletiek

Port Natal het vier atlete gehad wat aan hierdie kampioenskappe deelgeneem het en baie goed gevaar het:

Merlynn Pieterse – Spiesgooi, Seuns O/19: Eerste plek

Karl Terblanche – 110 m Hekkies, Seuns O/17: Eerste plek

100 m Naellope, Seuns O/17: Tweede plek

Franco Erasmus – Gewigstoot, Seuns O/16: Eerste plek

Aneldré van der Watt – Gewigstoot, Meisies O/15: Tweede plek