Pages Navigation Menu

Portie-momente

Die Tradisie van die Klok-lui Seremonieklok2

Die matrieks van 2000 het die klok aan die skool geskenk as hul afskeids geskenk.  Hier het die tradisie ontstaan dat elke nuwe leerder en elke nuwe onderwyser die klok lui as ‘n simbool van verwelkoming en saam vorming van Port Natal.

Die hele skool van die kleinste grad eentjie tot die grootste frisste matriekseun, omkring die Koos Kruger vierkant om die nuwe Porties te verwelkom.  Die verwelkomingsklok word op die eerste Vrydag van die jaar gelui wat deel vorm van die formele verwelkoming.

Ons groet dan totsiens aan ons Graad 12 leerders op hul laaste dag van skool met ‘n formele saal byeenkoms en die hartseer van die klok lui vir die laaste keer soos hul hul laaste tree loop as ‘n skool Portie en die klok lui soos hul hul eerste tree loop as ‘n trotse oud Portie.

 

 Porties/Vorie dag

10303801_760977873947674_4181993579528825045_n 10334430_4113580615267_7858051941339215396_n 20140508_084731 (3)
vorie 4 vorie 3 vorie 2

Dit mag dalk vreemd lyk om Port Natal Skoolleerders geklee te sien in buitensporige en snaakse kostuums, maar hierdie leerders pas perfek in by die res van die kinders, wat snaaks aangetrek het vir die “GEESVANGDAG” van die jaarlikse Porties / Vorie dag.  Hierdie is een van die grootste sportgebeurtenisse op Port Natal Skool se jaarlikse kalender.  Om die Porties / Vorie dag ‘n sportdag te noem, doen nie heeltemal gestand aan hierdie besonderse dag nie.  Want die Porties/Vorie dag is ‘n sport-fees en ‘n viering van baie dinge. Dit gaan oor die mentaliteit van die hele dag:  dit is ‘n wrede dag;  dit is ‘n rowwe dag; dit is ‘n pret dag;  dit is ‘n briljante dag.  Al die mense wil net ‘n goeie tyd hê.

Vir die hele week wat hierdie gebeurtenis voorafgaan, word verskeie voorbereidings en ​​gebeure gereël.  Op die aand voor die groot dag, vaardig Port Natal Skool asook Voortrekker Skool in Pietermaritzburg leerders af om “oorlog” te verklaar.  Die twee skole word versier met toiletpapier, tamatiesous en verskeie “bang maak” posters.   Vrydagoggend tydens die saalbyeenkoms word die “Big Brag ” gehou waartydens al die sport spanne wat deelneem aan die res van die skool op ‘n baie spesiale manier bekend gestel word.

En dan … die Saterdag ry baie ouers, kinders en ondersteuners ver afstande vir die “gevreesde” Portie/Vorie dag.   Op die ou einde maak dit nie saak wie wen of verloor nie, want hierdie tradisie, wat dekades gelede ingestel is, gaan nog vir die volgende paar dekades tussen hierdie twee topskole voortleef.  Na alles, bly dit ‘n viering van kameraadskap, sportmangees en tradisie.

 trash 1  trash 2  trash 3
 rugby ls.1  rugby ls 2  rugby ls