Pages Navigation Menu

Landsdiens

LANDSDIENS:                                                                                                                                                                                                                                                           landsdiens

Landsdiens is ‘n beweging regoor Suid-Afrika waar ons hoofsaaklik op vier pilare fokus:

Liefde vir ons Skepper, die Natuur, Arbeid en ons Medemens.  Aktiwiteite vind op Woensdae plaas, waar die genoemde 4 pilare bevorder word.  Ons gaan op uitstappies en leer hoe om die natuur op te pas.  Ons herwin en probeer om ons skool eko-vriendelik te maak.  Ons gaan ook op kampe en toere.  Landsdieners word gekies om die streekkampe by te woon wat elke jaar in Junie-vakansie plaasvind.  Daar kan kinders gekies word om die nasionale kampe in Desember by te woon.  Leerders vanaf Graad 1 – 12 mag aan Landsdiens deelneem en landsdieners kan van Graad 6  af streekkampe en nasionale kampe bywoon.  Landsdieners kan ook hul Springbok-kleure verwerf.