Pages Navigation Menu

Koor

Soos ‘n klein saailing het die koor van 2013 voor my gestaan – onseker  en benoud. In my hart was daar die verlammende vrees:  sou ons die kwartaal se storms en verwagtings gestand kon doen?

Maar ek het die krag en verstommende dryfkrag van my leerders onderskat – hierdie Portie vegters het my vrese laat kwyn en vir my ‘n nuwe insig gegee in die wese van ‘n span wat WIL WEN!

Met volgehoue harde werk het die groterwordende genot hulle eie vrese laat smelt en kon hulle aan die einde van die kwartaal met oorgawe “rock” in hul taal!

Portiekoor, ek is trots op julle!

koor