Pages Navigation Menu

Drama

DRAMA:
ATKV Tienertoneelkompetisie KOOK vanjaar in KZN:
Tydens vanjaar se ATKV Tienertoneelkompetisie, het Port Natal Skool deelgeneem aan die Streeksuitdunne, met twee uitstekende produksies. Hulle het dan ook deurgedring na die Streeksfinale. Tydens die streeksfinaal word slegs die top 4 produksies van alle ingeskryfde produksies gekies om met mekaar te kompeteer as Provinsiale wenners. Port Natal was in die eindrondte as NAASWENNERS aangekondig vir hul produksie “Kwessie van verbeelding” geskryf deur Prof N Luwes en geregisseur deur Mev. N de Witt. Die wenners van hierdie jaar se ATKV Tienertoneelkompetisie was Cradock High School, wat vanjaar besluit het om in KZN te kom meeding. Mev. de Witt ontvang vir haar regisseursvernuf SILWER en Nico Delport ontvang ook SILWER as tegniese operateur. Leerders wat betrokke was by die produksie “KWESSIE VAN VERBEELDING” het almal SILWER eertoekennings ontvang vir hul vertolking van hul onderskeie rolle:
Odette Botha as ‘Michelle’, Donne van Heerden as ‘Carmen’, Mariette Nel as ‘Clara’, Melissa Nieuwenhuizen as ‘Kleinkoos’ en Ruan de Bruin as ‘Nicolaas’. Baie geluk aan hierdie leerders. Ons is so trots op julle!

 photo (14)  photo (13)  photo (10)  photo (12) photo (11)

JEUGFEES

Die Departement van Onderrig reel jaarliks ‘n jeug fees.drama

Port Natal drama studente wen die “every woman” afdeling.

Hier spog Bianca Nel, Ma’am, Lindi an Rooyen, Melissa Maloney, Charne Roux, Monya Stopforth, Tanya Swanepoel en Marlise Visagiemet die trofee wat hul verower het.  Dieselde groep het die Umlazi distrik verteenwoordig te Richardsbaai.