Pages Navigation Menu

Team Talk

tEAM TALK (4)

TEAM TALK

Die Team Talk Festival wat elke jaar gedurende die eerste kwartaal plaasvind, is ‘n Engelse kompetisie waarin meer as honderd skole kragte meet. Hoewel Port Natal Skool as ‘n Afrikaanse skool meeding, bewys die sprekers elke jaar dat Porties op enige terrein hul man kan staan.

Port Natal Skool blink uit in Engelse Wedstryd

Port Natal Skool het met die louere weggestap tydens die 34ste “Team Talk” kompetisie aangebied deur die Rotary distrik 9370 en Daily News by Howard College aan die Universiteit van KwaZulu-Natal.

Op 25 Maart 2014, het Port Natal Skool teen vier ander top Engelse skole in die eindrondte van die kompetisie deelgeneem.  Die spanlede is Sue-Ann Botha, Chanté Albertyn en Margot van der Merwe en hulle het met vlieënde vaandels elke kriteria, volgens die beoordelaars, met hul onderwerp:  “Sosiale netwerke:  ‘n droom of ‘n nagmerrie?” geslaag.   teamtalk2

Die Voorsitter van Rotary Distrik 9370, Me. Hilary Augustus, het gesê die onderwerpe van die skole weerspieël die huidige tendense van ons tyd

en is veral van toepassing op die jeug. Sy het gesê dat elke span bestaan ​​uit drie leerlinge van graad 10, 11 of 12.  Die leerlinge moet self ‘n onderwerp kies, navorsing doen en as span, eerstens die probleem voorstel, asook gesamentlik ‘n oplossing daarstel.  

Die eerste spreker stel die onderwerp en die spanlede bekend en praat vir ‘n maksimum van drie minute.  Die tweede spreker neem informeel oor en brei vir vyf minute meer oor die probleem uit. Die derde spreker stel in vier minute oplossings voor. 

Meer as 50 skole het hierdie jaar aan verskillende uitdunrondtes deelgeneem.  Die hoofbeoordelaar, Me. Jackie Harris het gesê die standaard van die toesprake was vanjaar uiters hoog.  Sy het ook gesê dat die reëls van die kompetisie uniek is, omdat die spanne self die oplossings vir die kwessies wat hulle uitgelig het, moet vind.  Port Natal Skool, wat ‘n trotse Afrikaansmedium skool is, het egter die asems weggeslaan.

Skoolhoof, me. Sandra du Toit, het gesê sy is uiters trots op haar span se vertoning, veral in ag genome dat hul as Afrikaans sprekende moedertaal teamtalk3

leerders meeding teen Engelssprekende Skole waar dié taal op eerste taal vlak aangebied word.  Ons leerders handhaaf hulleself uitstekend met ‘n tweede taal.

Hillview Secondary School in Newlands-East het die tweede plek ingeneem met hul onderwerp om geweld te bekamp en die vestiging van

samehorigheid in die gemeenskap. South City Christian College is derde geplaas met hul praatjie oor geslagskwessies. Danville Park Girls’ High

en St Dominic’s Academy van Newcastle was onder die top vyf.  Die Daily News het ‘n wisseltrofee en ‘n tjek van R20 000 aan Port Natal Skool oorhandig.  Port Natal Skool het die Open Air School in Glenwood as die begunstigde skool vir hierdie bedrag aangewys.  Ons glo dat dié gebaar bande tussen Port Natal en die Open Air School tot hul wedersydse voordeel sal smee.