Pages Navigation Menu

Krieket

 MINI-KRIEKET

Beste Bouler en Kolwer Mini-krieket Gr 2.

So lyk ons Graad 2 Mini-Krieket se beste Bouler/Veldwerker en ons beste Kolwer.
Links op die foto staan Andre Haring (beste Kolwer) en regs staan Jordan Carstens (beste Bouler/Veldwerker.  Ons is trots op ons kampioene!!
Ons Graad 2 Mini-Krieket span speel op 13 Febr teen Manor Gardens.  Ons kampioene wen met twee paaltjies en twee lopies!  Porties bo!!
Gr 2 Mini-krieket 2014
Die Graad 3 spannetjie speel teen St Henry’s Marist College en weereens wen ons met een paaltjie en sewentien lopies.  Wel gedaan Porties!!

 

 

 

 

Krieket in die Primêre afdeling word met groot entoesiasme beoefen. Daar word in drie ouderdomsgroepe deelgeneem: /10, /11 en /13A & /13B.  krieket ls (3)

Die eerste kwartaal was daar agt wedstryde per ouderdomsgroep gereël, behalwe vir die /13B – span, maar weens die weer of skole wat nie die nodige aantal spanne kon voorsien het nie, het meeste van die spanne net vier wedstryde kon speel.

Die /13A-span was die enigste span wat al hulle wedstryde gewen het.

Die junior afdeling het weer soos elke jaar aan mini-krieket deelgeneem en dit is hier waar die klein kannetjies vertroud raak met die konsepte van krieket en hulle vaardighede ontwikkel.

Groot dank en waardering aan al die onderwysers wat plisgetrou die leerders afgerig het en na wedstryde vergesel het. Al die ouers wat gehelp het met vervoer en hulle kinders kom ondersteun het.