Rugbytoerverslag 2010

E-mail Print PDF

Die rugbymanne van Port Natal Skool het gedurende die vakansie aan verskeie toernooie en toere deelgeneem. Hier volg ‘n kort opsomming van die O/14 & 1ste span toer: 

O/14 Rugbyspan

 Die O/14 rugbyspan het vanaf Sondag 04 April 2010 tot Saterdag 10 April saam met die White Knights gaan deelneem aan die Mauritz Hansen Rugbyweek te Naboomspruit. Die rugbyweek staan bekend as die grootste in die wêreld met 72 rugbyspanne wat daaraan deelneem. Die O/14 seuns het 3 wedstryde gespeel teen sterk spanne en hul uitslae was soos volg:
  • Wedstryd 1 vs H/S Wolmeransstad: Porties wen 26-5
  • Wedstryd 2 vs H/S Tuine: Porties verloor 0-10
  • Wedstryd 3 vs H/S Hans Strydom: Porties verloor 0-17
Ons is baie trots op die O/14 en die manier waarop hulle gespeel het. Die span het beslis ‘n hegter eenheid tydens die toer geword en ons sien uit na die res van die seisoen 

Mr Price White Knights

 Die eerste rugbyspan toer het bestaan uit 3 “bene” nl

Deelname aan die jaarlikse Kokstad Festival

Die Knights neem jaarliks aan die festival deel en vertoon baie goed. Hierdie jaar moes die Knights die eerstespan van H/S Krugersdorp aanpak en na ‘n harde wedstryd wen ons manne die wedstryd 12-0.

 

Deelname aan die Port Natal Skool Rugbyweek

Vir die eerste keer in die 9 jaar van die toernooi is O/18 bygebring om aan die toernooi deel te neem. Skole soos H/S Sentraal, H/S Transvalia en nog meer was van die opponente tydens ddie week. Die Knights het 3 wedstryde gespeel teen baie sterk opposisie en hul uitslae was soos volg:

·         Wedstryd 1 vs H/S Bergvlam: Knights wen 7 – 0

·         Wedstryd 2 vs H/S Sentraal: Knights verloor 0-14

·         Wedstryd 3 vs H/S Transvalia: Knights verloor 13-21

White Knights toer na Naboomspruit

 

Die Knights het vanaf Sondag 04 April 2010 tot Saterdag 10 April gaan deelneem aan die Mauritz Hansen Rugbyweek te Naboomspruit. Die rugbyweek staan bekend as die grootste in die wêreld met 72 rugbyspanne wat daaraan deelneem. Die Knights het 3 wedstryde gespeel teen sterk spanne en hul uitslae was soos volg:

·         Wedstryd 1 vs H/S Fochville: Knights verloor 10-14

·         Wedstryd 2 vs H/S Akasia: Knights wen 17-10

·         Wedstryd 3 vs H/S Brandwag: Knights verloor 5-15

By die Mauritz Hansen rugbyweek is Nathan Mather aangewys as die beste buitesenter op die toernooi. Beslis ‘n goeie prestasie. Met die wedstryd teen H/S Akasie is Ruan Allerston aangewys as die speler van die wedstryd en ontvang hy ‘n geskenkpak na die wedstryd. 

 Tydens die toer het die Knights skole aangepak wat beslis groter in getalle is maar steeds het die Knights hulself goed van hul taak gekwyt. Ons vertrou dat hulle baie goed sal doen gedurende die seisoen.

Last Updated ( Monday, 19 April 2010 19:16 )