Port Natal Landsdiens 2010 (Eerste kwartaal)
Port Natal Landsdiens is weer aan die gang. Die klub bied geleentheid vir almal om deel te neem, Primêre Skool, Hoërskool en gesinne.
Die jaar se aktiwiteite het begin met 'n speletjiesaand vir almal. Die provinsiale voorsitter, Charles Minnaar en Lucy Jones (Provinsiale sekretaresse) het gehelp om die speletjies aan te bied. Gelofte en Werda se Landsdieners het die aand saam met die klub gedeel en almal het saam gelag en gespeel terwyl die volwassenes gekuier en gebraai het. Sommer so met die intrap is daar hard gewerk om vir almal kos te gee. Baie dankie aan almal wat gehelp het om die openingsfunksie so 'n sukses te maak.
Scrab booking was die handvaardigheid. Elkeen se foto is geneem en met vele pret het mev. Van der Walt die Landsdieners na ', nuwe vlak geneem deur hulle foto te verwerk in 'n kunswerk. Daarna is daar vrugtefees gehou en heerlik geswem. Dankie Nico en Nicolene vir julle bydra.
Port Natal Landsdiens het ook nie terug gestaan by die Durban en Suidkus Areakamp nie. Sestien Porties het die kamp by Glen Rock, Mooirivier bygewoon. Klein maar getrein! Die jongste op die kamp maar het terug gestaan vir niks nie. 'n Mooi voorstelling deur die Porties by die openingsaand en volwaardige deelname aan elke item. Die “foefie-slide” was 250 m, daar was perd gery, modderglyery, water kassekenade en elkeen het sy eie elektroniese bewerasiestasie gebou. JP Pelser en Angelique Hefer was die Portie leiers. Geluk aan al die Porties – julle was puik.
Om die kwartaal af te sluit is op die skool se veld gekamp. Gelofte en Werda is ook genooi. Die tente was die wêreld vol en daar was tot laat gejol. Tydens die Vrydagaand is uShaka besoek vir ‘n “After dark experience” in die akwarium. Die visse was mooi in die aand en toemaar, ons het hulle net deur die venster gekyk – net in die haaitenk is geduik. ‘n Vuur het heel nag gebrand en dit het tog ‘n bietjie soos Sodwana gevoel. Saterdag was ? wonderlike ondervinding saam met Ooms Tobie, Mark en Gregory van Divers International. Miskien besef min watter voorreg dit was om saam met sulke professionele ouers te werk en te leer. Van die Landsdieners wil sommer al klaar ? duik kursus doen en gaan duik maar nou ja eers as jy 12 jaar en ouer is.
Dankie aan die onderwysers, Mej Zwarts en Mev. Oosthuizen. Spesiale dankie aan Mev. Kok vir haar bydrae om alles bymekaar te hou en te laat gebeur.
Groete
Chris Randlehoff


