E.G. JANSEN - REDENAARSKOMPETISIE
Twee van ons leerders, Anri Strydom en Ciske van Niekerk, het deurgedring tot die eindrondte van dié kompetisie wat op 17 Maart by Kuswag Hoërskool plaasgevind het. Afrikaanse skole van reg oor Natal neem aan die kompetisie deel. Daar het hulle die tweede plek verower en ‘n kontantbedrag gewen wat aan die skool oorgedra is. Baie geluk, Ciske en Anri, ons is trots op julle!
Ciske en Anri
Baie dankie ook aan mev. M. Veldtman ( Departementshoof-Afrikaans) wat die leerders al die afgelope 26 jaar vir hierdie kompetisie by Port Natal voorberei. Gedurende hierdie tydperk het die Porties 24 keer tot die eindrondte deurgedring
Die Redenaars Temas vir 2010 is:
Graad 1 - 3
- My mense
- Mors
- Lekker goed
Graad 4 - 5
- Werk
- Padtekens
- Verbeelding
Graad 6 - 7
- Foute
- Respek
- Balans
Graad 8 - 9
- Tienerkommunikasie
- Trots
- Erkenning
Graad 10 - 12
- Sisteme
- Kompromie
- Wasem