HOKKIETOER TE STELLENBOSCH (Standard Bank Sportweek)
Op 25 Maart 2010 het die meisies vertrek na Stellenbosch om deel te neem aan die Standard Bank Sportweek.
Ons het gebruik gemaak van Ricallan vervoermaatskappy. Uitstekende diens van hul gekry. Ons het deur die nag gery en die volgende dag omtrent so by 12h00 in die Paarl aangekom, waar ons die Taalmonument besoek het.
Net na 16h00 het ons by Bloemhof koshuis aangekom en is ons kamers aan ons uitgewys. Die aand het ons na die opening van die toernooi gegaan waar ons almal welkom geheet is, en die verrigtinge vir die volgende dae aan ons deur gegee is.
Die hokkie en netbal meisies het op die 27, 29 en 31ste vanaf 8h00 tot 09h30 oefening gehad en direk daarna wedstryde gespeel.
Uiteensetting van wedstryde
HOKKIE| DATUM | SPANPORT NATAL SKOOL vs | TELLING | MAN OF THE MATCH PORT NATAL SKOOL | |
27/3/2010 | HUGENOTE SPRINGS | 0-2 | verloor | CHANéL EBING |
27/3/2010 | DE VOS MALAN | 14-0 | wen | DEIRDRE NEL |
29/3/2010 | FOCHVILLE B | 4-0 | wen | WIANRI KRIEL |
29/3/2010 | FOCHVILLE A | 2-1 | wen | WIANRI KRIEL |
31/3/2010 | DRIEHOEK | 0-4 | verloor | CHANéL EBING |
Die aand van 27ste het ons na die vertoning gaan kyk. Snotkop en DJ Ossewa het opgetree. Die nuwe meisies in die span het opdrag van hul seniors gekry om snaaks aan te trek. (Verskillende karakters naboots). Sharmain Janse Van Rensburg het soos ‘n bruid aangetrek en daarmee het sy ook gesorg dat Port Natal Skool die beker vir die beste gees wen. Sy het ook vir Snotkop ontmoet.
Die 28 en 30 Maart kon ons die Kaap verken en is ons onder andere na Tafelberg, Waterfront, Canal Walk en Rotanga Junction.
Die aand van die 30ste het ons ook ons afskeidsfunksie gehad. Soos genoem het Port Natal die
1. Gees trofee ontvang.
2. Die meisies het hul medaljes vir “man of the match” ontvang en
3. ‘n Standard Bank hokkie/netbal/rugbyspanne wat oorsee gaan toer is aangewys - 2 van die hokkie spelers, Wianri Kriel en Deirdre Nel en 1 Netbalspeler - Aldelise Olivier het die span gemaak.
Die volgende dag direk na ons wedstryd het ons weer die pad aangedurf huis toe. Die meisies se “gô” was uit, maar dit was duidelik dat hulle hierdie toer werklik baie geniet het.
Ek wil net graag weer vir Mev J Botha dankie sê dat sy die toer met ons mee gemaak het. Was dit nie vir haar nie dink en nie die toer sou plaas gevind het nie. Ek kon sien sy was regtig baie beïndruk gewees met die toernooi. Daar was bykans 3000 kinders wat deelgeneem het aan hierdie toernooi. (Rugby / Hokkie en Netbal)
Weereens wil ek graag net die volgende mense uitsonder wat hierdie toernooi vir die hokkie moontlik gemaak het:
· Zululand Steam (ons hoofborg)
· Port Natal Skoolbestuur
· Netbal / Hokkiemeisies en afrigters
· World Sport Event (Michael Gr?ndling)
· Bloemhof koshuis
· Ricallan (John Bohnen)
· Fascor (Alex Ramsay)
· ADW Promotions
· Airband
· Air Products
· Kob Inn
· Honey
· ABSA
· M Dawoo
· Reho Communications
· A de la Rey Swardt
Port Natal ons kan werklik trots wees op hierdie meisies. Hulle dra die klere met trots.