Kultuur is een van Port Natal Skool se sterk punte. Porties het nie eens aanmoediging nodig om aan kultuuraktiwiteite deel te neem nie; hulle is altyd reg om deel te neem. Selfs al speel hul vir die White Knights is hul nie skaam om ook by kultuuraktiwiteite in hoofrolle te speel nie of voor in die koor (seuns ensemble) te sing nie! Dit is alombekend dat Porties goeie redenaars is. Porties se koor en seuns ensemble het geen bekendstelling nodig nie. Die koor en seunsensemble het deur die jare hul slag op verskeie verhoë gewys en is ook op CD opgeneem. Duits is ‘n addisionele taal wat na skool geneem kan word en uitgesoekte Porties gaan jaarliks vir ‘n perdiode na Duisland om ‘n kulturele ondervinding van ‘n ander aard mee te maak. Met al die kultuurtalent in die skool, vind die Portie Paljas al om die ander jaar plaas, wat tuisgebore talent ontbloot. Porties neem ook al om die ander jaar aan die Portie Revue deel, reeds vanaf 1985 op die planke. Aan skoonheid is daar nie te kort by Port Natal nie, dus elke tweede jaar vind die Debutante plaas. ‘n Deftige geleentheid wat nie net die dames se skoonheid en talent wys nie, maar ook die manne sit die beste voetjie voor. Hier word Mnr & Mej Portie na ‘n spoggeleentheid gekroon. Die ABSA Kolligfees is ‘n jaarlikse instelling wat einde Augustus plaasvind. By die geleentheid word daar kollig op die Klein Karoo Kunstefees geplaas en van die top produksies word oor vier dae, tot drie produksies per dag, aangebied. Tradisionele (en minder tradisioneel) kos word in ‘n markiestent deurPortie mammas te koop aangebied. In die Hap & Tap kuiertent is daar altyd gratis vermaak en lekker vetkoek, pannekoek of malvapoeding te koop. Porties kan musiek in die VOO plan neem. Drama en ballet word deur privaatafrigters by die skool teen ‘n minimale ekstra kwartaalikse fooi aangebied Kultuuraktiwiteite waarby Porties inskakel: ü Voortrekkers ü CSV ü Landsdiens ü Redenaars ü Koor ü Toneel ü Uitstappies, opvoerings, uitvoerings ü Dans ü Sang ü Kreatiewe skryf |