PORT NATAL SKOOL – MISSIESTELLING
Port Natal Gekombineerde Skool is die voorkeurkeuse pre-primêre, primêre en sekondêre Afrikaans-medium skool in Durban vir seuns en dogters wat verkies om in Afrikaans onderrig te ontvang. Die koshuisfasiliteit bied geleentheid aan leerlinge regoor KwaZulu-Natal en elders om ‘n Portie te wees. Ons toegewyde, ervare en goed gekwalifiseerde personeel is ons skool se kompeterende voordeel.
In 2011 sal hierdie “Bastion vir Afrikaans in Durban" 70 jaar van tradisie, prestasie en gehalte onderrig in Afrikaans vier! Ons onderskryf die beginsels van godsdiensvryheid en moedertaalonderrig en skep ‘n opvoedkundige, gesonde en veilige tuiste waar ons leerlinge, personeel en ouergemeenskap geborge kan voel en floreer. By Port Natal Skool streef ons daarna om ons kernwaardes van respek, integriteit, uitnemendheid en leierskap uit te leef. By hierdie oudste Afrikaanse skool in Durban, respekteer en beskerm ons elke leerling se menswaardigheid.
Port Natal Skool se beheerliggaam, bestuurspan en personeel (soos gerugsteun deur ‘n aktiewe en staatmaker ouergemeenskap) is verbind tot die volgende opvoedkundige doelstellings:
Om op elke moontlike terrein hetsy akademie, sport, kultuur, leierskap en verenigingslewe, die leerling se verstand, liggaam en persoonlikheid te ontwikkel.
Om vaste norme en waardes wat op Christelike beginsels gefundeer is, aan te kweek.
Om billik en regverdig dissipline toe te pas sodat ‘n gesonde leer- en ontspanningskultuur ontwikkel kan word.
Om te strewe na gehalte onderwys en akademiese uitnemendheid.
Om ons personeel (akademies en nie-akademies) deurlopend te ontwikkel tot hul volle potensiaal.
Om die kultuursentrum van Durban se Afrikaanse gemeenskap te wees.
Om ‘n bydrae te lewer tot gemeenskapsbou.
