Dit is weer tyd vir "Glitz and Glamour" ... so kom ondersteun ons Debutante meisies en hulle metgeselle op 31 Julie @ 19h00. Deure open om 18h30.
Die jaar het ons dit goed gedink om 'n gedeelte van die wins af te staan aan 'n gemeenskap projek - "Operation Bobbi Bear"
Kaartjies sal beskikbaar wees vanaf Maandag 26 Julie 2010 by Juf. M. Snyman. Geen besprekings sal vooraf hanteer word nie, dus moet die kaartjies vanaf 26 Julie of op die aand gekoop word.
Tye vir kaartjie verkope:
- 07h00 - 07h30 - tydens die H/S se pouses. - 14h15 tot 14h30
Kostes vir kaartjies:
a) R60 per persoon - dit sluit toegang en 'n looitjie kaartjie in vir een van vele pryse.
b) R80 per persoon - dit sluit toegang, 'n looitjie kaartjie en VIP ingang in vir die onthaal na die tyd. (SLEGS VOLWASSENES - TOEGANG SAL GEKONTROLEER WORD)