Hemelvaartdiens 2010

E-mail Print PDF

 

Ds Venter

 

Ons het op Donderdag 13 Mei 2010 'n Hemelvaartdiens gehou. Ds. Diek Venter het die diens vir ons aangebied. Hy het Hemelvaart met 'n sportwedstryd vergelyk. Die afrigter van 'n span gebruik die rustyd om die foute wat 'n span maak aan hulle uit te wys, sodat hulle in die tweede helfte kan verbeter. Jesus maak vir ons plek gereed in die hemel. Dit is nou rustyd. Ons het nou geleentheid om te verbeter sodat ons die eindtelling - wat God  reeds bepaal het - kan bereik.