Pages Navigation Menu

Huiswerkklas

Mevrou R. van der Merwe bied gratis van Maandae tot Donderdae haar klas aan waar hoërskoolleerders vanaf 14:30 16:00 huiswerk kan doen.

Dis is ‘n beskermende omgewing en beslis nie ‘n detensieklas nie.  Leerders mag hul middagversnaperings geniet en so af en toe op hul selfone loer of hul pa of ma nie al by die skool is om hul op te laai nie.  Leerders hoef nie vooraf reëlings te tref nie en kan enige tyd opdaag om in die klas te werk.  Mev. van der Merwe hou nie die hele tyd toesig nie (ons werk mos met hoërskoolleerders), maar is self meeste van die tyd in die klas besig met voorbereiding.

Maak asb. van die geleentheid gebruik en wees gerus dat u kind nie sonder toesig vir u wag nie.