Pages Navigation Menu

Reunies

reunie 2014 REUNIE TERUGVOERING

Die afgelope naweek het die 1964 en 1984 Oud Porties reunie gehou. Die terugvoering is dat dit ‘n reuse sukses was. ‘n Groot getal 1964-gers het dit bygewoon en na 50 jaar uit die skool was daar ‘n paar staaltjies om na te luister. Dit was ongelooflik om te sien die ondersteuning wat Port Natal Skool steeds geniet en ja, hulle onthou nog die skoollied!

Ses van die 1984-gers het vanuit Amerika, Engeland, Ghana en ander ver plekke gekom om hul reunie by te woon. Daar was gekuier tot die son op gekom het. Hou maar facebook dop vir foto’s wat geplaas sal word deur die onderskeie reunie bywoners.

Daar is nou die volgende groepe gestig:
1965 Porties, 1975 Porties, 1985 Porties, 1995 Porties en 2005 Porties. Volgende jaar speel Porties teen Vories by Port Natal Skool. Tradisioneel is die sport dag op die eerste Saterdag van Junie elke jaar. Dus 6 Junie 2015 hou ons weer reunie!! Versprei asseblief die woord!! Alle Oud Porties van daardie jare sluit asb. aan by die groep. Diegene wat die reunies vanjaar gereël het, in oorleg met die Oud Portie komitee, sal verduidelik dat die opspoor van klasmaats die moeilikste was. Begin nou al reël en julle sal nie spyt wees nie. Die ervaring is ongelooflik!

 reunie 1  reunie 2014 . 2 reunie 2014 . 1