Pages Navigation Menu

Aksie-Netbal

 

Die eerste kwartaal se aksienetbal was ongelooflik.  Die meisies het baie goed begin en meeste van hulle wedstryde gewen.  Ongelukkig het Westville en Glenwood ons onder gekry, maar ons het derde plek ingeneem en het met 21 – 8 teen Kuswag gewen.

Port Natal kan baie trots wees op hierdie agt meisies.  Hulle het voorwaar Port-Natal se naam hoog gehou.

aksienetbal ls

Onder 9 Aksie Netbal

In die 3de Kwartaal het ons vir die eerste keer begin met n O/9 Aksie Netbal Span.

Die meisies het dit baie geniet en ons het elke Maandag in Pinetown by die Aksie Arena wedstryde gespeel.

Ons twee Afrigters Sunet en Rina het ons Span ongelooflik laat verbeter en met elke

wedstryd het die meisies net al hoe beter en beter gespeel.

Ons Span het tot by Finaal deur gedring waar ons Silwer verower het.

Juf Mariette is ongelooflik trots op die Span en weet hul gaan volgende jaar met Goud wegstap.